20061223

Skakel in by Jacob Olsen

Maestro, die tromrol asseblief.

Dankie.

Dames en here, Jacob Olsen Teksprodukte Eiendoms Beperk, met die vriendelike samewerking van die Bronkhorstspruitse Sweedse Masseurklub, die Tranvaalse Vroue Landbou Unie, die Hoenderbond en die Afrikaanse Nasionale Kongres (‘n Beter Lewe vir Almal, geregistreerde handelsmerk), bied aan, in ko-produksie met Skiet-’n-Kat Produksies en Blesbok Radio, in die 16 miljoen kleure van die reĆ«nboog:

Uit die Brein van Jacob Olsen.

Maestro, simbaal!

Dankie.

Vriende, skakel in op hierdie golflengte deur die wonderwerk van RSS of boekmerk hierdie bladsy: http://jacob-olsen.blogspot.com en laat jou vriende weet as jy regtig ‘n vriend is.

Jy sal so bly wees jy het.